play_arrow

keyboard_arrow_right

Listeners:

Top listeners:

skip_previous skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
  • cover play_arrow

    GAYSA Radio Live Where YOU Are Family

Frans kook

Background
share close
Monday 4:00 pm 4:30 pm
Tuesday 4:00 pm 4:30 pm
Wednesday 4:00 pm 4:30 pm
Thursday 5:00 pm 5:30 pm
Friday 4:00 pm 4:30 pm

Hartlik welkom by FRANS KOOK!

Ek was nog maar altyd so ‘n bietjie van ‘n amateur kok wat eksperimenteer met kos. Kosmaak is vir my ontspanning. Ek kan byvoorbeeld glad nie kosmaak as ek nie ‘n lekker bottel yskoue Sauvignon Blanc oopgemaak het nie en dit hier neffens my het nie. Kosmaak is vir my totale ontspanning en as ek kosmaak vergeet ek totaal van alle goed wat my pla. Hannelie, my vrou, en Lindiwe, ons staatmaker in die huis, sê hulle kan dit sien, want hulle moet na my kosmaak ekspedisie, omtrent die kombuis laat skrop soos ek kos gemaak het.
Kosmaak is vir my ‘n totale sosiale affêre. Ek kan nie vir my alleen kos maak nie. Nee man, dan gooi ek sommer ‘n stuk polonie op ‘n snytjie vars brood. Mense moet kom aansit! (Kyk ek is ‘n “sucker” vir ‘n lekker aansitete. Dis asof mens dan net lekkerder kuier!) Ons moet die kos bespreek. Ons moet wyn drink. Ons moet nog inskep. En ons moet kuier en gesels! Veral kuier.
Ek saai al my hele lewe lank uit. My tande geslyp by die destydse Springbok Radio. Met mentors Lance James en Fanus Rautenbach. Drama studeer by die Akademie vir Dramakuns (ADK) onder leiding van my mentor, juffrou Aletta Gericke. Honneursgraad verwerf in Kommunikasiekunde en Afrikaans/Nederlands by UNISA. Daarna by die ou Afrikaanse diens (nou RSG) en toe vir die afgelope 20 jaar by Oos-Rand Stereo. Dit was daarom net ‘n natuurlike uitvloeisel dat ek kos en radio sou “pair” – soos mens deesdae wyn en kos “pair”. My goeie vriend, Bennie Howard, ons wynmeester op Frans Kook, het ‘n mooi Afrikaanse woord vir “pairing” geskep – pasmaats. Is dit nou nie te lekker nie!
Radio bly vir my die bobaas van alle media. Seker omdat radio so totaal onmiddellik is en omdat radio die teater van jou gedagtes is. Juis daarom is ons baie opgewonde oor FRANS KOOK! landwyd op verskeie radiostasies. Lekker man! Ons spyskaart is opwindend:

  • Maandae maak ek ‘n lekker kitskosgereggie – mens is mos nie lus vir lank kook op ‘n Maandag en na die naweek se doodeet nie.
  • Dinsdae kom ‘n bekende ateljee toe en deel sy/ haar resep met ons.
  • Woensdae gee ek vir julle die resep van my gunsteling gereg van die week
  • Donderdae kom wynmeester en koskenner, Bennie Howard aan die beurt
  • Vrydae gee een van ons luisteraars sy/ haar resep
  • Saterdae braai ons! Hoe dan nou anders?

Rate it
0%